





MISSIE
Om elke leerder van Midstream Ridge Laerskool met sport te verryk en om elke sportseun en -dogter se talente optimaal te ontwikkel.
Ons bied ʼn diens aan:
- Die leerders van Midstream Ridge Laerskool
- Die ouers van die leerders van Midstream Ridge Laerskool
- Die gemeenskap van Centurion en Midstream Estates
WAARDES
In ons verhouding met ons ouers en leerders, wil ons:
- Reageer op die behoeftes van elke spesifieke sport
- Openlik en konsekwent handel
- Openlik kommunikeer en luister
- Alle verantwoordelikheid vir alle keuses en aksies aanvaar
In ons verhoudings met mekaar, wil ons:
- Strewe na uitmuntendheid en om ons doelwitte tot die beste van ons vermoë na te streef
- Saam werk as ʼn span
- ʼn Omgewing skep waar ons voortdurend innoveer en mekaar probeer verbeter
- Leiers in sport wees
- Openlik kommunikeer en luister
- Die diversiteit van ons deelnemers respekteer
HOOFDOEL
Elke skool bestaan uit drie komponente – Akademie, Sport en Kultuur. In elkeen van hiérdie fasette wil ons help om die leerder te ontwikkel tot ʼn volwaardige persoon, wie verdere lewensvaardighede soos kommunikasie, leierskapsontwikkeling, krisis bestuur, algemene dissipline, verantwoordelikheid en goeie menseverhoudings sal aanleer.
Skoolsport
Lewendige uitsendings
Geen huidige uitsendings