



By Midstream Ridge Laerskool is dit vir ons belangrik dat Kultuur, Akademie en Sport, gelykwaardige ruimte, tyd en erkenning, binne die skoolopset kry.
Ons leerders word blootgestel aan ʼn wye spektrum van kultuuraktiwiteite en leer daardeur, liefde vir die kunste, deursettingsvermoë, selfdissipline en ʼn gebalanseerde persoonlikheid, aan.
Ons strewe is dat elke leerder ook sy / haar volle potensiaal op kultuurgebied sal bereik.
Tesame met die intrinsieke waardes van kultuur, bied dit belangrike sosiale voordele vir ons leerders. Met verbeterde leergeleenthede, gesondheid in ʼn verhoogde toleransie en geleenthede om met ander saam te kom, verbeter kultuur ons lewenskwaliteit en algemene welstand.
Die hoofdoelwitte van ons kulturele programme is om die verskeie talente van ons leerders te ontwikkel. Om ʼn platvorm te skep waar toekomstige musikante en kunstenaars hul talente kan beoefen en om spangees te kweek tesame met die algemene ontwikkeling van die persoonlikhede van ons leerders.
Buiten ons skoolprogramme, beskik ons oor ʼn musiekdepartment met hoogsgekwalifiseerde musikante in verskeie instrumente wat ons leerders rig en lei tot hoër hoogtes.