


Oor Midstream Ridge Laerskool
Midstream Ridge Laerskool is ʼn parallellemedium skool, gevestig in die hart van Midstream Estates. Ons deure het in 2014 geopen en sedertdien het ons net van krag tot krag gegaan. Soos die jare verloop het, het ons ʼn sterk etos, gebaseer op ʼn Christelike fondasie, ontwikkel.
Midstream Ridge Laerskool is ʼn skool waar enige iemand die geleentheid het om uit te blink in ʼn verskeidenheid areas. Dit is deels te danke aan ons uitstaande fasiliteite, maar ook vanweë ʼn toegewyde span opvoeders en spesialiste wat streef om te groei in hul onderskeie velde en aan die fondasie van elke leerder bou.
Die buitemuurse program van die skool is besonders en verseker dat ons leerders holisties, binne ʼn veilige omgewing, kan ontwikkel. Ons glo dat elke leerder ʼn rol in die skool het om te speel en ons moedig hul aan om hul passie te vind, hetsy dit kultuur, sport of akademie is. Ons is ʼn familie wat saam lag, huil, en saam leer en wat sal aanhou om te streef na dit wat buite verwagting is.

Boodskap van die waarnemende hoof
Mnr. Steven Swanepoel
Geagte Lede van die Midstream Ridge-gemeenskap
Dit is vir my ʼn groot voorreg om as waarnemende hoof op te tree gedurende die tweede kwartaal van 2025. Ek is baie opgewonde om deel te hê aan hierdie dinamiese gemeenskap en sien uit om saam met die personeel, leerders en ouers te werk om voort te bou op die reeds gevestigde en trotse tradisie van uitnemendheid.
Ons nuwe hoof, mnr. Nico Loggenberg, sal op 1 Julie 2025 oorneem en ons wens hom alle sukses en sterkte toe. Ons gebede is dat God hom ook sal seën as hoof van hierdie wonderlike skool.
Baie dankie vir die warm verwelkoming en mooi wense tot dusver. Ek is bevoorreg om vir dié kwartaal die pad met u te stap.
Kalender
Skoolkwartale 2025Kwartaal 1: 15 Januarie – 20 MaartKwartaal 2: 8 April – 27 JunieKwartaal 3: 22 Julie – 26 SeptemberKwartaal 4: 14 Oktober – 3 Desember | ||
Openbare vakansiedae 2025 | ||
1 Januarie – Nuwejaarsdag 21 Maart – Menseregtedag 15 April – Goeie Vrydag 18 April – Gesinsdag 27 April – Vryheidsdag 1 Mei – Werkersdag | 2 Mei – Publieke vakansiedag 16 Junie – Jeugdag 9 Augustus – Nasionale Vrouedag 24 September – Erfenisdag 16 Desember – Versoeningsdag 25 Desember – Kersdag 26 Desember – Welwillendheidsdag |
Skoolkwartale 2025
Kwartaal 1: 17 Januarie – 20 Maart
Kwartaal 2: 9 April – 14 Junie
Kwartaal 3: 10 Julie – 20 September
Kwartaal 4: 9 Oktober – 5 Desember
Openbare vakansiedae 2025
1 Januarie – Nuwejaarsdag
21 Maart – Menseregtedag
15 April – Goeie Vrydag
18 April – Gesinsdag
27 April – Vryheidsdag
1 Mei – Werkersdag
2 Mei – Publieke vakansiedag
16 Junie – Jeugdag
9 Augustus – Nasionale Vrouedag
24 September – Erfenisdag
16 Desember – Versoeningsdag
25 Desember – Kersdag
26 Desember – Welwillendheidsdag
Vervoer
Midstream Ridge Laerskool bied ʼn gratis bus / vervoerdiens aan leerders wat binne die Midstream Hill Estates woon. By aansoek, word die leerders op ʼn waglys geplaas.
Een bus word aan ons leerders toegestaan en vervoer die leerders van en na die volgende optel en aflaai punte binne Midstream Hill Estates.
Oplaai (voor skool):
- 06:30–06:40 by die swembad op die hoek van Glacier & Marmoladestraat.
- 06:45–07:00 by die park op Glacier & Baltorostraat. Om te verseker die leerders betyds by die skool arriveer, vertrek die bus ongeveer om 07:00. Die leerders word dan binne die skoolterrein langs die skoolsaal afgelaai.
Vir meer inligting oor die bus/vervoerdienste, kontak gerus vir Steven Swanepoel via e-pos by: stevens@midstreamridgeprimary.co.za
Fasiliteite
By Midstream Ridge Laerskool, spog ons met verskeie top-gehalte fasiliteite om akademiese-, sport- en kulturele-ontwikkeling te bevorder en aan te moedig.
Daar is geen gebrek aan geleenthede om in sport betrokke te raak nie. Ons sport fasiliteite sluit in:
3 Rugbyvelde
3 Krieketblaaie
1 Atletiekbaan
6 Netbalbane
ʼn Swembad
Tennisbane
Muurbalbane
Op die kulturele front, spog ons met ʼn wêreldklas ouditorium, twee musiekkamers, sowel as verskeie individuele musieklokale vir individuele lesse.
Ons klaskamers is modern en sluit drie rekenaarsentrums, sowel as vier wetenskaplaboratoriums in. Ons biblioteek word gereeld opgedateer met die nuutste skool literatuur.
