@RAKKERCARE – JOU HUIS WEG VAN DIE HUIS

@RakkerCare is Midstream Ridge Laerskool se uitstekende naskoolsentrum, wat ‘n veilige en geborge omgewing vir kinders bied om buite skoolure voort te leer en te groei.

Die MRP naskoolsentrum is op die skoolterrein en bied genoeg plek vir leerders om te hardloop, bal te skop en te speel. Leerders ontvang ook daagliks gesonde middagetes en ’n snoephappie. Ouers wat wisselvallige skedules het, het die opsie om van @RakkerCare op ’n dag-tot-dag basis gebruik te maak. Dit is die ideale omgewing wat ’n tuiste (weg van die huis) skep. Sodoende word die gemeenskap bedien deur hulp aan werkende ouers te verleen.

By @RakkerCare word die balans tussen akademiese, ekstrakurrikulêre en sosiale geleenthede vir leerlinge behartig. Die personeel is ondersteunend en tegemoetkomend en maak voortdurend seker dat elke leerling se individuele behoeftes aangespreek word. 

Een van die belangrikste voordele van @RakkerCare is sy akademiese ondersteuning. Die bekwame personeel help ook met toets- en eksamenvoorbereiding. Die sentrum is met hulpmiddels toegerus om leerlinge met huiswerk en projekte te help. Die leerders kan ook die biblioteek besoek, indien hul navorsing wil doen of ’n boek vir lekker-lees wil uitneem.

Behalwe vir akademiese ondersteuning, bied @RakkerCare ook kuns-aktiwitete aan. Híérdie aktiwiteite help leerlinge om nuwe vaardighede en belangstellings te ontwikkel. Dit verskaf leerders ook ’n plesierige geleentheid om hul tyd na skool konstruktief te spandeer.

@RakkerCare streef daarna om ’n veilige en verwelkomende ruimte te skep waarin leerlinge vriendskappe kan bou en uitbrei. Ondersteunende verhoudings in alle areas is Midstream Ridge se fokus en die naskoolsentrum bou die blokkies daagliks op hierdie fondament. @RakkerCare is toegewyd in die ondersteuning, groei en ontwikkeling van sy leerlinge. Indien jy ook ’n huis weg van die huis by Midstream Ridge wil hê, kontak gerus mnr. Steven Swanepoel by stevens@midstreamridgeprimary.co.za.

Om jou kind by die naskool in te skryf, klik asb. op die onderstaande skakels. Laai die vorms af, vul in en stuur dan die Terme en Voorwaardes, sowel as die naskool aansoekvorms na die skool se ontvangs.

Midstream Ridge Laerskool is bevoorreg om ʼn goed-gevestigde naskoolprogram te hê, wat deur ervare opvoedkundiges bestuur word. As deel van die program, word die leerders van ʼn gebalanseerde middagete voorsien. Tyd word goed tussen akademie, sport en sosiale geleenthede benut.

Scroll to Top