Oor Midstream Ridge Laerskool

Midstream Ridge Laerskool is ʼn multi-kulturele parallellemedium skool, gevestig in die hart van Midstream Estates. Ons deure het in 2014 geopen en sedertdien het ons net van krag tot krag gegaan. Soos die jare verloop het, het ons ʼn sterk etos, gebaseer op ʼn Christelike fondasie, ontwikkel.

Midstream Ridge Laerskool is ʼn skool waar enige iemand die geleentheid het om uit te blink in ʼn verskeidenheid areas. Dit is deels te danke aan ons uitstaande fasiliteite, maar ook vanweë ʼn toegewyde span opvoeders en spesialiste wat streef om te groei in hul onderskeie velde en aan die fondasie van elke leerder bou.

Die buitemuurse program van die skool is besonders en verseker dat ons leerders holisties, binne ʼn veilige omgewing, kan ontwikkel. Ons glo dat elke leerder ʼn rol in die skool het om te speel en ons moedig hul aan om hul passie te vind, hetsy dit kultuur, sport of akademie is. Ons is ʼn familie wat saam lag, huil, en saam leer en wat sal aanhou om te streef na dit wat buite verwagting is.

Kalender

Skoolkwartale 2022

Kwartaal 1:   12 Januarie – 18 Maart

Kwartaal 2:   5 April – 24 Junie

Kwartaal 3:   19 Julie – 23 September

Kwartaal 4:   11 Oktober – 7 Desember

Openbare vakansiedae 2022

1 Januarie – Nuwejaarsdag
21 Maart – Menseregtedag
15 April – Goeie Vrydag
18 April – Gesinsdag
27 April – Vryheidsdag
1 Mei – Werkersdag
2 Mei – Publieke vakansiedag
16 Junie – Jeugdag
9 Augustus – Nasionale Vrouedag
24 September – Erfenisdag
16 Desember – Versoeningsdag
25 Desember – Kersdag
26 Desember – Welwillendheidsdag

Skoolkwartale 2022

Kwartaal 1:   12 Januarie – 18 Maart Kwartaal 2:   5 April – 24 Junie Kwartaal 3:   19 Julie – 23 September Kwartaal 4:   11 Oktober – 7 Desember

Openbare vakansiedae 2022

1 Januarie – Nuwejaarsdag 21 Maart – Menseregtedag 15 April – Goeie Vrydag 18 April – Gesinsdag 27 April – Vryheidsdag 1 Mei – Werkersdag 2 Mei – Publieke vakansiedag 16 Junie – Jeugdag 9 Augustus – Nasionale Vrouedag 24 September – Erfenisdag 16 Desember – Versoeningsdag 25 Desember – Kersdag 26 Desember – Welwillendheidsdag

Vervoer

Midstream Ridge Laerskool bied ʼn gratis bus / vervoerdiens aan leerders wat binne die Midstream Hill Estates woon. By aansoek, word die leerders op ʼn waglys geplaas.

Een bus word aan ons leerders toegestaan en vervoer die leerders van en na die volgende optel en aflaai punte binne Midstream Hill Estates.

Oplaai (voor skool):

  • 06:30–06:40 by die swembad op die hoek van Glacier & Marmoladestraat.
  • 06:45–07:00 by die park op Glacier & Baltorostraat. Om te verseker die leerders betyds by die skool arriveer, vertrek die bus ongeveer om 07:00. Die leerders word dan binne die skoolterrein langs die skoolsaal afgelaai.

Aflaai (na skool)

  • Die bus vertrek vanaf die skool rondom 13:45 en behoort weer ongeveer teen 14:00, afhangende die verkeer, by Midstream Hill Estate te wees. Die aflaai punte is dieselfde as die oplaai punte.

Vir meer inligting oor die bus/vervoerdienste, kontak gerus vir Steven Swanepoel via e-pos by: stevens@midstreamridgeprimary.co.za

Fasiliteite

By Midstream Ridge Laerskool, spog ons met verskeie top-gehalte fasiliteite om akademiese-, sport- en kulturele-ontwikkeling te bevorder en aan te moedig.

Daar is geen gebrek aan geleenthede om in sport betrokke te raak nie. Ons sport fasiliteite sluit in:

3 Rugbyvelde
3 Krieketblaaie
1 Atletiekbaan
6 Netbalbane
ʼn Swembad
Tennisbane
Muurbalbane

Op die kulturele front, spog ons met ʼn wêreldklas ouditorium, twee musiekkamers, sowel as verskeie individuele musieklokale vir individuele lesse.

Ons klaskamers is modern en sluit drie rekenaarsentrums, sowel as vier wetenskaplaboratoriums in. Ons biblioteek word gereeld opgedateer met die nuutste skool literatuur.

Naskool

Om jou kind by die naskool in te skryf, klik asb. op die onderstaande skakels. Laai die vorms af, vul in en stuur dan die Terme en Voorwaardes, sowel as die naskool aansoekvorms na die skool se ontvangs.

Midstream Ridge Laerskool is bevoorreg om ʼn goed-gevestigde naskoolprogram te hê, wat deur ervare opvoedkundiges bestuur word. As deel van die program, word die leerders van ʼn gebalanseerde middagete voorsien. Tyd word goed tussen akademie, sport en sosiale geleenthede benut.

Scroll to Top