



By Midstream Ridge Laerskool is dit vir ons belangrik dat Kultuur, Akademie en Sport, gelykwaardige ruimte, tyd en erkenning, binne die skoolopset kry.
Ons leerders word blootgestel aan ʼn wye spektrum van kultuuraktiwiteite en leer daardeur, liefde vir die kunste, deursettingsvermoë, selfdissipline en ʼn gebalanseerde persoonlikheid, aan.
Ons strewe is dat elke leerder ook sy / haar volle potensiaal op kultuurgebied sal bereik.
Tesame met die intrinsieke waardes van kultuur, bied dit belangrike sosiale voordele vir ons leerders. Met verbeterde leergeleenthede, gesondheid in ʼn verhoogde toleransie en geleenthede om met ander saam te kom, verbeter kultuur ons lewenskwaliteit en algemene welstand.
Die hoofdoelwitte van ons kulturele programme is om die verskeie talente van ons leerders te ontwikkel. Om ʼn platvorm te skep waar toekomstige musikante en kunstenaars hul talente kan beoefen en om spangees te kweek tesame met die algemene ontwikkeling van die persoonlikhede van ons leerders.
Buiten ons skoolprogramme, beskik ons oor ʼn musiekdepartment met hoogsgekwalifiseerde musikante in verskeie instrumente wat ons leerders rig en lei tot hoër hoogtes.
Musieksentrum
-
Klavier & Musiekteorie
Baberet Botha
baberetb@midstreamridgeprimary.co.za -
Blokfluit & Fluit
Anna-Maria Vermeulen
fluitis@gmail.com
Anna-Maria Vermeulen het ʼn Meestersgraad in musiek aan die Universiteit van Pretoria verwerf, sowel as ʼn kunstenaarslisensiaat van UNISA. Sy is die hoof fluitspeler van die Johannesburgse Feeskoor. Sy onderrig musiek by twee privaatskole en by haar privaatstudio en sy is boonop ʼn fluit en fluit metodologie dosent by die Universiteit van Pretoria. -
Perkussie, Teorie, Dirigent
Jean-Pierre de Villiers
drummerboyjp@gmail.com
JP de Villiers het ʼn Bmus graad in orkes-begeleiding aan die Universiteit van Pretoria verwerf. As ʼn vryskut musikant, skryf JP musiek vir verskeie gesogte instansies soos Netflix, Kort filmfeeste en Mauritz Lotz Produksies. -
Klavier
Lize Els
lize@musicalmatters.co.za
Ek volg my passie om die wonder van musiek te onderrig na jare se werk as ʼn beleggingsadviseur. Ek glo in die belangrikheid van musiekontwikkeling en leer, en om terselfdertyd ʼn liefde vir musiek te kweek. Ek poog om my klavier leerders te inspireer om nooit op te hou speel nie. “Musieklesse moet nie ʼn las wees nie, maar ontspannend: die bron van jubel en vreugde - Kodaly -
Tjello
Natalie Bentley
nataliebentley@vodamail.co.za
Natalie het vanaf 10-jarige ouderdom begin tjello speel en speel nou al ongeveer 33 jaar. Sy het Pro Arte Alphen Park Hoërskool bygewoon en het musiek as hoofvak geneem. Sy het al in verskeie orkeste en ensembles, insluitend die TUKKIES (Universiteit van Pretoria) Orkes, die Suid-Afrikaanse Nasionale Jeug Orkes, die Noord-Transvaal Jeug Orkes, Simfonia Juventi (TED Orkes), JHB WA Mozart Orkes, sowel as die Pretoria Simfonie Orkes, waar sy tans ʼn lid is, gespeel. Sy het ook al saam met verskeie Suid-Afrikaanse kunstenaars, insluitend Nianell en Richard van der Westhuizen opgetree. Natalie is ʼn gekwalifiseerde Suzuki Tjello onderwyser. Haar Suzuki opleiding wat sy van Teacher Trainer in Lyon, Frankryk ontvang het, duur voort. Dit verskaf haar groot vreugde om van vierjariges tot ongelooflik, brawe volwassenes te onderrig. “Music exists for the purpose of growing an admirable heart.” – S. Suzuki -
Kitaar
Jonathan Moolman
jonathanlmoolman@gmail.com -
Klavier
Misha Melck
misha.melck@gmail.com -
Klarinet, Saksofoon, Blokfluit & Fluite
Anthony Cloete
antscloete.music@gmail.com
-
Vokaal(Sang)
Anette Botes
anetteb@midstreamridgeprimary.co.za
Nasionale Diploma in Ligte Musiek (vokaal); Nasionael diploma in Kontemporêre Musiek (vokaal en klavier); Lisensiaat in Musiek Onderrig; BA MUS (klavier); Honneurs in Sielkunde -
Perkussie
Craig Wilson
craigwilson44@hotmail.com
Craig Wilson verwerf ’n Diploma in musiek van TOM Arts College. Musiekonderrig was ’n stokperdjie wat uiteindelik in ’n fantastiese loopbaan ontwikkel het. -
Viool
Carin Janse van Vuuren
carinvv.elska@gmail.com
Carin studeer Bmus (2009-2012) en Mmus (2013-2015) met die hoofvak Opvoering (Cum laude) aan die Universiteit van Pretoria. Sy voltooi ’n Royal Schools of Music Diploma (Opvoering) in 2013. Tydens hierdie tydperk studeer sy saam met die wêreldbekende violis en musikant, Zanta Hofmeyr. Verlede jaar (2021) het sy haar NGOS diploma, met onderskeiding, aan die Rhodes Universiteit voltooi. Sedert 2013 onderrig sy viool en ensemble by Pro Arte Alphen Park, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Overkruin en Southdowns College. Sy onderrig al 7 jaar by Midstream Ridge Laerskool en is ook tans werksaam by die Universiteit van Pretoria. Sy leef haar passie vir musiek uit terwyl sy onderrig en saam met die Gautengse en Johannesburgse filharmoniese orkes optree. “Where words fail, music speaks.” – Hans Christian Anderson -
Viool
Tesmarie Kachelhoffel
tesmariejansenvanvuuren@gmail.com
Tesmarie Kachelhoffer het ’n BMus graad en is ’n MMus student aan die Universiteit van Pretoria. Sy het op sesjarige ouderdom met vioollesse begin. Sy slaag haar UNISA en ABRSM graad 8 met onderskeiding en is die kategorie F wenner (19-25 years) in 2018 by die Philip H Moore musiekkompetisie. “For I can do everything through Christ, who gives me strength.” - Philippians 4:13 -
Kitaar
Gerrit Roos
gerritroos@gmail.com
Gerrit Roos het sy MMus in kitaar vertonings in 2010 by die Universiteit van Pretoria verwerf. Hy het ook sy onderrig lisensiaat deur UNISA in 2006 ontvang. Hy ontvang meester klasse van kitaarspelers reg oor die wêreld. Hy het al drie albums saam met sy duo vennoot Jonathan Moolman opgeneem en tree gereeld in konserte en by funksies op. -
Klavier
Elize van Dorsten
elize.vandorsten@gmail.com
BMus Honneurs en HED (cum laude). Ek was die voormalige departementshoof van Musiek vir Graad 8 - 12 by Sir Pierre van Ryneveld Hoërskool in Kempton Park. Ek was ook die Graad 12 Provinsiale Moderator en ʼn nasionale merker vir die DBO. Ek het 42 jaar se ondervinding in klavier onderrig, diskant blokfluit, klavier begeleiding en het aandeel in die plaaslike en buitelandse Raadeksamens. "Musiek is die snelskrif van emosie" - Leo Tolstoy. -
Kitaar
Theuns van Niekerk
thns.pretorius@gmail.com
Kulturele Aktiwiteite
-
Revue
Bregitta van Wyk & Marili van Vollenhoven
bregittav@midstreamridgeprimary.co.za
mariliv@midstreamridgeprimary.co.za -
Speak Easy
Luciano Da Silva
lucianod@midstreamridgeprimary.co.za -
Redenaars
Ilana Kruger
ilanak@midstreamridgeprimary.co.za
-
Junior Redenaars
Mariette De Bruin
mariettedb@midstreamridgeprimary.co.za -
Senior Orators
Penny Paul
pennyp@midstreamridgeprimary.co.za -
Junior Orators
Lauren Pienaar
laurenp@midstreamridgeprimary.co.za -
Koor
Baberet Botha
baberetb@midstreamridgeprimary.co.za