Toelatings

Afrikaans en Engels is die twee amptelike onderrigtale van die laerskole. Aanlyn aansoekdokumentasie is egter slegs in Engels beskikbaar en u dui u keuse van onderrigtaal op die aanlyn aansoekvorm aan.

Aansoek navrae: corrieb@midstreamcollege.co.za / corrieb@midstreamridgeprimary.co.za / 012 940-9122

Maak seker dat u die volgende dokumentasie in .pdf of .jpg formaat gereed het voor u met die aansoekproses begin (skandeer as individuele dokumente en benoem dienooreenkomstig):

  • Afskrif van leerder se geboortesertifikaat
  • Kleurfoto van leerder (paspoort grootte)
  • Afskrifte van ouers se identiteitsdokumente
  • Geldige bewys van adres (bv. munisipale rekening)
  • Bewys van betaling van (nie-terugbetaalbare) administrasie fooi van R400
  • Finansiële vrywaringsvorm (mcp-mrp-Finansiele-vrywaring-MS004A) Van toepassing op leerders wat oorgeplaas word van ‘n ander skool.  NIE VIR GRAAD 1. 
  • Vrywaringsvorm (mcp-mrp-Vrywaring-MS006A)
  • Finansiële beleid / ooreenkoms (mcp-mrp-Financial-Policy-Agreement-MS002E)
  • Afskrif van Mediesefondskaart
  • Rapport van vorige skool. (Slegs van toepassing op leerders wat van ander skole oorgeplaas word. NIE VIR GRAAD 1)
  • Oorplasingskaart van vorige skool. (Slegs van toepassing op leerders wat van ander skole oorgeplaas word. NIE VIR GRAAD 1). Uitgereik deur die vorige skool op die laaste dag wat die leerder skool bygewoon het. Toon asb. op die eerste dag van skool.
  • Enige regsdokumente rakende die leerder (indien van toepassing)

DIE FINANSIËLE EN ANDER BELEIDE ASOOK FOOIE STRUKTUUR KAN BESIGTIG WORD DEUR DIE ONDERSTAANDE SKAKELS TE DRUK.

Belangrik:

  • Maak asb. seker dat u die aansoekproses voltooi, sienend dat die proses nie gestoor kan word om op ‘n latere stadium te voltooi nie. 
  • Moet asb. nie die vorm in slegs hoofletters of kleinletters voltooi nie. Gebruik asseblief sinsaak. 
  • Voltooi asb. die aansoekvorm op ‘n rekenaar of skootrekenaar en NIE u selfoon of tablet NIE.
  • Neem asb kennis dat die bankbesonderhede onlangs verander het: 

MIDSTREAM RIDGE PRIMARY SCHOOL

Rekeninghouer / Account Name: Midstream Ridge Primary School (Pty) Ltd
Bank: Investec Bank Limited
Rekeningnommer / Account Number: 4000 5069 704
Takkode /Branch Code: 580 105
Tipe Rekening / Type of Account: Lopend / Current
Verwysing: LEERDER SE VOORLETTERS, VAN en JAAR VAN TOELATING
Reference: LEARNER INITIALS, SURNAME AND YEAR OF ACCEPTANCE
Epos / Email: malanieb@midstreamcollege.co.za

Vir aandag / For Attention: Malanie Burger 

Scroll to Top