Liana Rautenbach | Adjunkhoof Akademie
Teal Jigsaw - A

Die AANTAL leerders per klas verseker dat onderrig en leer optimaal kan plaasvind.

Maroon Jigsaw - K

Die KURRIKULUM is verryk. In die Grondslagfase byvoorbeeld, vorm skaak deel van die kurrikulum.

Teal Jigsaw - A

ASSESSERING vind deurlopend plaas. Die Grondslagfase gebruik ʼn skaal van 1 tot 7. In die Intersenfase word daar weekliks ʼn kwartaaltoets geskryf. Daar is slegs een eksamen in November.

Maroon Jigsaw - D

DIVERSITEIT vorm deel van ons akademiese sukses. In Afrikaans, Engels en Wiskunde word leerders in kleiner fokusgroepe gedeel.

Teal Jigsaw - E

Die meeste handleidings is EIE aan ons skool. Dit word deur die onderwysers saamgestel en spesiaal vir ons skool gedruk.

Maroon Jigsaw - M

Die onderwysers is MEESTERS van hul vakgebied. Elkeen is ʼn vakspesialis. Die onderwysers is baie goed opgelei met ʼn groot aantal Honneursgrade en Meestersgrade onder die personeelkorps.

Teal Jigsaw - I

Hier is plek vir elke INDIVIDU waar daar aan spesiale individuele behoeftes voorsien word. Probleme word gou identifiseer en saam met die ondersteuning van die Remediërende Sentrum aangespreek.

Maroon Jigsaw - E

Midstream Ridge is ʼn parallel-medium skool. Die Afrikaanse en Engelse fase word EENDERS hanteer.

Akademiese Struktuur

KURRIKULUM – GRONDSLAGFASE

Tale

Afrikaans en Engels is die twee amptelike tale van onderrig en leer van die skool. Beide tale word in ooreenstemming met die nuutste benaderings onderrig. Engelse fase leerders word van Graad 1 aan Afrikaans as ʼn elementêre en kommunikatiewe taal blootgestel. Afrikaanse fase leerders word aan Engels as ʼn eerste addisionele taal bekendgestel. Die kommunikasievaardighede word as volg ontwikkel:

  • Luister en praat
  • Lees en skryf
  • Fonetiese- en klankbewustheid
  • Woord herkenning hoë-frekwensie woorde
  • Uitspraak van woorde deur temas, liedjies, rympies en stories
  • Begrip
  • Taalstrukture en gebruik

Wiskunde

Hierdie vak word aangebied deur van die nuutste toerusting en metodes gebruik te maak. Klem word op praktiese en eerstehandse ervaring geplaas. Leerders word aangemoedig om navorsing te doen en om onder toesig te eksperimenteer. Ontwerp en tegnologie geniet ook aandag in die skool se daaglikse roetine. Onderrig en leer word vanuit ʼn probleemoplossingsoogpunt benader om wiskundige vaardighede en insig te bevorder:

 

  • Bemeester die korrekte wiskundige terminologie
  • Die ontwikkeling van gesyferdheid en bewerkings
  • Die vermoë om logies te dink en te beredeneer
  • Om na te vors, te analiseer en inligting weer te gee
  • Om vaardig in probleemoplossing te wees

Lewensvaardighede

Die vak Lewensvaadighede is sentraal tot die holistiese ontwikkeling van die leerders. Dit ontwikkel die leerders se sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele en fisiese groei.

Die vak sluit die volgende in:

Aanvanklike kennis

  • Geskiedenis en Aardrykskunde
  • Wetenskap
  • Tegnologie en Rekenaarvaardighede
  • Skaakvaardighede

 Persoonlike en sosiale welstand

  • Sosiale en emosionele welstand
  • Verhoudings met mense en die omgewing
  • Godsdiensonderrig

 Kreatiewe kunste

  • Dans
  • Drama
  • Musiek
  • Visuele kuns

 Liggaamlike opvoeding

Fyn- en grootmotoriese vaardighede

KURRIKULUM – INTERSENFASE

Afrikaans en Engels

Afrikaans en Engels is die twee amptelike tale van die skool. Deurlopende navorsing en die bywoning van taalseminare verseker dat ons onderwysers met die nuutste ontwikkeling in taalonderrig by bly. Alhoewel daar deurlopende ontwikkeling in hierdie vakgebiede is, bly die grondslag die kern van onderrig. Die leerderondersteuningsprogramme bied aan leerders die geleentheid om addisionele klasse in die middae by te woon. Hier vind vaslegging van lees en ander taalvaardighede plaas. Gedurende dié sessies, word daar ook van verskeie rekenaarprogramme gebruik gemaak. ʼn Liefde vir lees word gekweek deur die leerders aan al die aspekte van die geskrewe en gesproke taal gedurende taallesse bloot te stel.

Rekenaarsentrum

Rekenaargeletterdheid op primêre skool vlak, word vir die effektiewe gebruik van rekenaars en lewensvaardighede vir die res van hul lewens, aangebied. Deur interessante projekte, poog ons om belangstelling in dié veld vir die toekoms te kweek. Die sentrum dien ook as ʼn toevoeging tot die akademiese program. Leerders word aan opvoedkundige programme, die funksies van Microsoft en veilige internet gebruik blootgestel. Leerders woon ook rekenaarklasse vanaf Graad 1, by. Daar word perseptuele en wiskundige programme gebruik om leerders aan rekenaars bloot te stel.

Mediasentrum

Ons Mediasentrum is die lees en navorsingskern van die skool. Tydskrifte en koerante (in verskeie tale) word daagliks en weekliks by die Mediasentrum afgelewer. Die Mediasentrum werk ook saam met die Rekenaarsentrum deur leerders toegang te bied tot die internet, Word Book Online, Mieliestronk en die Mathletics Programme. Na skool kan navorsing en take in die Mediasentrum voltooi word.

Godsdiensonderrig

Midstream Ridge Laerskool is Christen-georiënteerd en dié deel van die kurrikulum is om die Christenboodskap aan die leerders oor te dra. Dit word gedoen deur elke dag met skriflesing en gebed te open. Saalopeninge is verpligtend vir alle leerders. Die Christen-boodskap word aan alle leerders oorgedra gedurende algemene onderrig en ons poog om ʼn sosiale verantwoordelikheid in elk van ons leerders te kweek.

Scroll to Top